Cosy Cabins
Seapark/Southport - Selfsorg
Die romantiese droom om in 'n houthuis te bly, kan by Cosy Cabins waar word, met 2 een slaapkamer houthuise geleë in 'n mooi tuin met see-uitsigte aan die binneland se kant van die hoofpad in Southport.
Die houthuise bied ideale vakansieverblyf vir klein gesinne, maar word ook gereeld gebruik deur mense wat op besigheid is in die Port Shepstone area.
Cozy Cabin 1 het 'n dubbelbed in die slaapkamer en 'n slaapbank in die oopplan leefarea. Die badkamer het 'n bad met stort-oor-bad. Hierdie is 'n klein eenheid wat geskik is vir 'n paarjie of 'n gesin met 'n maksimum van 1 tiener of tot 2 kleiner kinders.
Die groter Cozy Cabin 2, met pragtige see uitsig vanaf die dek, slaap 5, met 2 enkelbeddens in die slaapkamer en een enkelbed en 2 stapelbeddens in die leefarea. Dit het 'n stort in die badkamer.
Albei eenhede is ten volle toegerus met stoof, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, strykyster, ens, en TV met OVHD, verbindingspunt is ook beskikbaar om jou eie DSTV-dekodeerder en smartcard saam te bring. Die tuin is heeltemal omhein en toegemaak. Daar is 'n alarmstelsel in elke eenheid geïnstalleer en elke eenheid het sy eie braai geriewe. Alle beddegoed is voorsien, maar ons versoek dat julle julle eie handdoeke, toiletware saambring.
Dit is 'n baie rustige omgewing vir natuurliefhebbers met wonderlike voëllewe en ape wat gereeld in die tuin kom om van ons vrugtebome te steel. Cozy Cabins is troeteldiere met voorafgaande reelings.
In Opsomming
- 2 Houthuise - Slaap 3 & 5.
- Ten Volle Toegeruste Kombuise
- Tv met OVHD
- DSTV Aansluitpunt
- See Uitsig
- Houtdek
- Braai Geriewe
- Alarm Sisteem
- Omheinde Eiendom
- Diere Vriendelik (Voorafgaande Reelings)
- Ideaal vir Natuurliefhebbers
Tariewe
|
Lae Seisoen
|
Mid Seisoen
|
Paasfees
|
Hoë Seisoen
|
CC1 (Dubbel bed + slaapbank) Slaap 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes
|
R550 per nag
|
R625 per nag
|
R625 per nag
|
R1100 per nag
|
CC2 (Slaap tot 5 volwassenes)
|
R625 per night
|
R725 per night
|
R750 per night
|
R1300 per night
|
R500 Brekingsdeposito vir alle besprekings wat terugbetaal sal word, minus 'n administrasiefooi van R50, binne 7 dae van vertrek.
Neem asseblief kennis
Inboek find plaas by ons kantore te 10 Norwood Road Umtentweni.
Aanwysings na Cozy Cabins sal daar gegee word.
Send Enquiry
Facilities