Barieta Beach Cottages
Mtwalume - Selfsorg
'N Hartlike welkom by BARIETA BEACH COTTAGES, geleë in MTWALUME, 'n pragtige kusvakansie en visvangdorp en goed bewaarde geheime bestemming, ongeveer 90km suid van Durban en 33km van Scottburgh, in die Ugu-distrik KZN.
Die BARIETA BEACH COTTAGES het toegang tot 'n eksklusiewe strand wat ongeveer 60 tree ver is. Die kothuise is geleë in 'n veilige omheinde kompleks met die opsies van 2 slaapkamer kothuise [6] sowel as 'n 4 slaapkamer huis met een aangewysde parkering en braaigeriewe.
Dit is 'n hawe vir gesellige familieverblyf - ontspan in die son, swem, visvang (verskeie en volop), dolfyn kyk, eksplorasie van rotspoele en koraalriwwe, insluitende "spearfishing". As daar per toeval walvisse is wat migreer, kan dit dalk gesien word. In die aand val jy aan die slaap met die oseaan se geluide om jou te betower op 'n reis van sterre.
Vir die doel van inkopies het Mtwalume self twee winkels vir kaal noodsaaklikhede en 'n poskantoor.
Vir die doel van inkopies het Mtwalume self twee winkels vir noodsaaklikhede as ook 'n postantoor.
Die BARIETA BEACH COTTAGES word trots besit deur Barry & Marieta Griesel, wat toegewyd is aan uitstekende kliënt diens en tevredenheid teen bekostigbare akkommodasie tariewe.
In Opsomming
- Ses 2 Slaapkamer kothuise en 'n 4 Slaapkamerhuis [10 slaaper]
- See uitsig vanaf elke Cottage
- DSTV-verbinding in alle kothuise (bring jou dekodeerder)
- DSTV - Volle pakket in Cottage 5 [prysvariasie]
- Veilige eiendom [toegangsbeheer]
- Braai Fasiliteite [Privaat per Kothuis]
- Vis Paradise
- Weg westeekte strand met rotspoele en koraalriwwe
Tariewe
BUITE SEISOEN (naweke en weeksdae wat buite datums van onder val)
R600 - R950.00 (2019)
R500 - R750.00 (2018)
Minimum verblyf van 2 nagte
MID SEISOEN (April / Junie / Julie / Sept vakansies, Lang naweke buite hierdie datums hieronder)
R800 - R1050.00 (2019)
R600 - R850.00 (2018)
Minimum verblyf van 5 nagte
HOË SEISOEN (Desember vakansie en Paasnaweek)
R900 - R1200.00 (2019)
R700 - R950.00 (2018)
Minimum verblyf van 7 nagte
Send Enquiry
Facilities