Dagbreek Akkommodasie
Margate - Selfsorg
Dagbreek is 'n 2 slaapkamer woonstel wat 'n totaal van 6 mense kan slaap en is geleë in die pragtige area van Margate. Die woonstel is slegs 200m van die winkels af en 'n kort 400m se stap na Lucien swemstrand. Die eenheid is ten volle toegerus met braaigeriewe, 'n stoep en onderdak parkering.
Ons is ook binne maklike bereik van die mees prominente toeriste-aktiwiteite regdeur die kus, insluitend die reptielpark, Oribi Gorge, Wild Coast Casino en nog vele meer. Vir die visserman is Margate Pier naby, en vir die gholfspelers is daar talle gholfbane naby Margate.
In Opsomming
- 2 Slaapkamers, 1 Badkamer
- Slaap tot 6 mense
- Ten volle toegeruste kombuis
- Braai Fasiliteite
- Omheinde eiendom
- Alarm sisteem
- DSTV Verbindingspunt (Bring jou dekodeerder)
Tariewe
Vanaf R280.00 per nag buite seisoen.
Send Enquiry
Facilities